Local newsNews

Verwoestende vuur verteer 7000ha

90 Brandbestryders en plaaslike inwoners sukkel dae lank om vuur van hul wonings en besittings af weg te keer.

‘n Verwoestende vuur het die afgelope drie dae deur die Suikerbosrand Natuurreservaat gewoed en na plase asook die Adventhaven Aftreeoord net buite Heidelberg versprei. Inwoners in Jordaanpark, Overkruin, Die Kloof en Berg en Dal het ook benoude oomblikke beleef toe die vlamme aan hul grensdrade begin lek het.

 

Volgens Mnr Clement Masinge (brandweerhoof: Lesedi Brand- en Reddingsdienste) is die brand Woensdagnag deur weerlig op vier plekke in die reservaat begin. Hy sê die reservaat het hul eie brandbestrydingseenheid en het die brand self onder beheer probeer bring. Toe hulle gister besef dat hulle nie die vuur in die doë veldtoestande gaan baasraak nie, is die hulp van die brandweer om 16:30 ingeroep. ‘n Sterk wind het toestande verder aangeblaas.

 

Masinge sê plaaswonings, diere en die ouetehuis op Sedaven is bedreig en hy het besef dat die plaaslike brandweer nie alleen die mas sou opkom nie. Hy het die hulp van die brandweerstasies van Emfuleni, Ekurhuleni en Midvaal ingeroep.

1 copy

 

Dit het 90 brandbestryders asook vele vrywilligers geneem om die brand onder beheer te bring. Dié mense het gisteraand deur die nag gewerk en die brand is uiteindelik vanoggend om 08:30 ten volle geblus.

 

Masinge sê die hittegolf wat dié week in Gauteng geheers het sowel as die droogte het die vuur aangehelp.

 

 

2

 

Ongeveer 7 000ha (wat die natuurreservaat, plaasgrond en veld insluit) het in die slag gebly. Masinge sê hy is veral trots op die manier wat brandbestryders sowel as inwoners onverpoos saamgewerk het om die brand onder beheer te bring.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button