CrimeLocal newsNews

Plaasmoord – 66 jarige vrou se keel oopgesny

DEVON - Die liggaam van Irene Vermaak, ‘n 66-jarige weduwee wat alleen op ‘n plaas tussen Devon en Endicott gewoon het, is op 24 November gevind.

 

Volgens Dunnottar SAPD woordvoerder A/O Tommie Tomlinson, is dit nie bekend presies wanneer sy vermoor is nie, maar daar word vermoed dit was tussen 17:00 en 19:00. Irene het sedert haar pastoor man se dood nege jaar gelede alleen gewoon, maar was gereeld met ‘n radiostelsel in verbinding met ander boere in die omgewing.

‘n Buurman het onraad vermoed toe sy teen 19:00 nog nie ingeroep het nie en het ondersoek ingestel. Hy het haar liggaam in ‘n plas bloed gekry waar haar keel met ‘n mes oopgesny is.

Volgens die polisie is daar geen sigbare tekens van diefstal nie, maar die moontlikheid dat geld gesteel is, word nog ondersoek.

Dit is nie bekend hoeveel verdagtes by die plaasmoord betrokke was nie, maar die saak word deur Devon SAPD ondersoek.

“Die forensiese span was reeds op die toneel om meer inligting rondom die plaasmoord in te samel,” het A/O Tomlinson gesê. Niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie.

Plaaseienaars word gemaan om sekuriteit op te skerp, veral oor die feesseisoen.

Die liggaam van Irene Vermaak, ‘n 66-jarige weduwee wat alleen op ‘n plaas tussen Devon en Endicott gewoon het, is op 24 November gevind. Volgens polisie het sy tydens ‘n plaasaanval vroeër die dag gesterf.
Die liggaam van Irene Vermaak, ‘n 66-jarige weduwee wat alleen op ‘n plaas tussen Devon en Endicott gewoon het, is op 24 November gevind. Volgens polisie het sy tydens ‘n plaasaanval vroeër die dag gesterf.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button