Local newsNews

Matriekvakansie: riglyne vir ‘n veilige rit

Hoewel Gauteng se skole op 9 Desember amptelik sluit, was daar sedert die aanbreek van Desember ‘n toeloop van vakansiegangers op die paaie.

 

Vir menige skoolverlaters het die matriekvakansie aangebreek – iets waarna hulle amper hul hele skoolloopbaan lank na uitsien, maar vir ouers is dit ‘n groot bron van kommer.

Volgens John Edmeston, uitvoerende hoof van ’n toonaangewende voertuigopsporing-en-insleepmaatskappy, kan dit egter ‘n wen-wen situasie word.

“Om jou kinders toe te laat om hul eerste tentatiewe treë na onafhanklikheid te gee, agter die stuurwiel van ’n motor in te skuif en ver van die huis te wees is vir ’n enige ouer ’n skrikwekkende ondervinding,” het hy gesê.

Voertuigopsporing saam met telematiese inligting bied ’n baie geloofwaardige oplossing om tred te hou met waar jou kind bestuur. Nog ’n voordeel van telematika is die eenheid se akkurate ongelukrekonstruksievermoëns.

Hoewel voertuigopsporing aan ouers ’n veilige oplossing bied, kan dit ’n hele miernes oor die kwessie van vertroue oopkrap.

“Verduidelik watter risiko’s daar is en gebruik statistieke indien nodig om die gevare van dronkbestuur, spoedoortreding en moontlike kaping of diefstal van die voertuig uit te wys,” het Edmeston voorgestel.

Die opsporingskomponent van die eenheid maak dit moontlik om die voertuig terug te kry indien dit gesteel sou word, maar dit bied ook ’n aanlynportaal wat familielede in staat stel om in te sleutel van waar ook al hulle die ligging van die voertuig wil nagaan.

Edmeston stel ook voor dat dié veilige bestuurswenke met jou kind gedeel word:

* maak jou gordel vas.

* moenie jou foon gebruik terwyl jy bestuur nie.

* kry genoeg slaap en neem blaaskanse om jou bene te rek.

* gee aandag aan padtekens en padmerke.

* moet nooit drink en bestuur nie en moenie rondloop as jy beskonke is nie.

* spoed maak dood – hou by die spoedgrens.

* ken die noodnommers van die gebiede waardeur jy ry en waar jy bly;

* bly koelkop en vermy padwoede; en

* laat jou motor diens en deeglik nagaan voordat jy reis.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button