
‘n Sakeman van Heidelberg het gister omstreeks 13:00 met sy Mercedes Benz in Midas se voorportaal beland nadat sy remme glo geweier het.
In die proses is Luther Wessels (eienaar) se regterbeen beseer en al sy ligamente is moontlik af of geskeur. Luther en Jeanine Jansen het by die voordeur ingeloop toe die voertuig deur die muur bars en Luther tref.
Hy word vandag in Life Suikerbosrand Kliniek geopereer en dokters sal dan eers die omvang van die skade aan sy been kan vasstel.
(Lees volledige berig op die voorblad van more se uitgawe van HERAUT.)
HERAUT het pas verneem dat Luther uit die operasiesaal gekom het. Sy beserings is erger as wat aanvanklik gedink is, en hy sal oor ‘n week ‘n veloorplanting moet kry om die wond wat hy opgedoen het, toe te maak.
Volgens Jeanine is weefsel binne sy been ook erg beskadig en moet nou ondersteun word sodat dit kans kan kry om terug te groei.
Hy sal tot volgende week nog in die hospitaal moet bly.






