Matriekuitslae – kry dit so
Skole sal die uitslae reeds vroeg beskikbaar hê, maar bel eers om seker te maak.

Sodoende kan leerders saam-saam by die skool hul uitslae ontvang, terwyl die uitslae sal soos elke ander jaar in nasionale koerante gepubliseer word.
Stuur ‘n SMS:
Al wat jy moet doen is om vooraf te registreer met ‘n SMS en die volle uitslae sal teruggestuur word op die dag wat dit bekend gemaak word. Stuur die woord DBE (dit staan vir Department of Basic Education exams) or IEB (dit staan vir Independent Examination Board exams) gevolg deur die matrikulant se ID-nommer na 35935 teen R3 per SMS. Jy sal ‘n SMS terug ontvang wat die matrikulant se eksamennommer sal versoek.
Maak ook gebruik van Vodacom: om op hoogte te bly
Maak ‘n oproep:
Indien leerders net vooraf kan registreer nie, kan hulle 082 152 bel op die dag wat die uitslae bekend gemaak word. Kies opsie 6, waarna die stem antwoord, tik in die leerder se ID-nommer en die uitslae sal volg.
Aanlyn:
Die Departement vir Basiese Onderwys se webwerf het die al die uitslae. Onthou egter dat die leerder ‘n eksamennommer moet verskaf. Neem ook in ag dat die internet baie besig sal wees. Dus sal uitslae soms lank neem.



