CrimeLocal newsNews

Beloning as winkeldiewe vasgetrek word, sê eienaar

NIGEL - Sigarette van ongeveer R21 900 is tydens twee inbrake in ‘n kwessie van vier dae by die 6-9 Kafee in Rhodeslaan buitgemaak.

 

Die eerste en tweede inbrake het in November en Desember plaasgevind, die derde inbraak op 4 Januarie en die vierde inbraak op 8 Januarie.
Volgens polisiewoordvoerder A/O Madeleine von Wielligh, het al die inbrake gedurende die vroeë oggendure plaasgevind. Die diewe het soos by vorige geleentheid, weer ‘n blikskêr gebruik om die sinkplaat van die dak oop te sny sodat hulle toegang tot die gebou deur die plafon kon kry.

Volgens die winkeleienaar Johan van Rensburg, word dieselfde modus operandi telkens gebruik en spits die diewe hulle slegs op sigarette toe. Hy het reeds etlike duisende rande se skade weens die inbrake gely en kort voor die laaste, het hy sekuriteit verskerp deur die plafon met lemmetjiesdraad uit te voer. Nie dit, of die alarmstelsel kon die diewe in hul spore stuit nie.
Vier sake van inbraak- en diefstal word nou deur die polisie ondersoek. Geen verdagtes is al in verband met die saak aangekeer nie en enige persoon met inligting kan Nigel SAPD by 011 812 6511 skakel.Die eienaar het ook ‘n beloning van R5000 uitgereik vir inligting wat tot die suksesvolle arrestasie van die diewe kan ly.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button