Local newsNews

Plaaslike inwoners vat hande en skenk water

Eerste water in Senekal afgelaai.

Plaaslike inwoners het saamgestaan en duisende liters water aan mense in droogtegeteisterde gebiede geskenk.

Hanno en Susan du Plessis van Protealaan 44, Bergsig het hulself as afsetpunt geregistreer waar waterskenkings afgelaai kan word.

In Nigel het verskeie inwoners ook begin om water aan te dra. Dit alles vorm deel van die ‘water shortage South Africa’ -inisiatief waar vrywilligers van oor die land heen water na droogte gebiede neem.

 

Gister (11 Januarie) het die Du Plessis-egpaar met 1 139 liter water na Senekal vertrek. Nigel se inwoners het 600 liter water ingesamel en die leiers van Laer Volkskool nog 172 liter. Die res is deur Heidelberg-inwoners geskenk.

 

Die water is aan mense in plakkerskampe uitgedeel wat nie drinkwater of ander water vir huishoudelike gebruik het nie. Die reën wat gister uitgesak het was baie welkom, maar die droogte in veral die Vrystaat is nog nie gebreek nie. Susan vertel dat mense uit hul huise gestroom het om water te ontvang.

 

P1250046

 

Hulle vra dat inwoners steeds water sal skenk wat ook na Noordwes en Limpopo geneem sal word. Die Du Plessis-egpaar hoop om teen hierdie naweek genoeg water in te samel wat hulle na Noordwes sal neem.

 

Vir meer besonderhede oor die waterskenkings kan Susan by 076 403 1471 geskakel word of stuur ‘n epos na waterdropoff@du-plessis.info

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button