Susan wen splinternuwe voertuig van Hyundai Heidelberg
Susan Bezuidenhout is die gelukkige wenner van 'n splinternuwe Hyundai in 'n kompetisie by The Angelo Spar.

Susan se man Kobus het sonder haar medewete twee inskrywings in haar naam ingeskryf. Susan, onbewus van die toedrag van sake het toevallig by Spar uitgeklim toe sy hoor dat haar naam geroep word.
Sy was een van vyf name wat getrek is en haar sleutels het die wenmotor oopgesluit. As Susan nie daar was nie, sou sy die kans verbeur het om met ‘n splinternuwe motor weg te ry.
“Ek was oorstelp van vreugde. Ek kon dit nie glo nie,” het ‘n verheugde Susan vertel.
Sy het haar nuwe voertuig vandag by Hyundai Heidelberg afgehaal waar sy ‘n helde ontvangs van Siya Qamba (handelaarhoof) en Elvin Groenewald (verkoopsman) gekry het.
Susan is ‘n toesighouer by Nigel se lisensiekantoor.





