Nigel kry eerste deurry melkery
Nigel het vandag sy eerste deurry diens vir aankope van melk en ander suiwelprodukte gekry.
Om agter die stuur van jou motor te sit en suiwelprodukte by ‘n deurry-winkel te bestel, is ‘n gerief wat deur die eienaar van Nigel Dairies Alwyn van den Heever en sy personeel se vindingrykheid gebore is.
Met vernuwing en beter dienslewering hoog op 2016 se agenda het Alwyn egter onlangs ‘n knellende behoefte in die plaaslike gemeenskap aangespreek en ‘n gedeelte van die melkery in ‘n deurry-winkel omskep.
Die bekende gebou op die hoek van Breytenbachstraat en Derdelaan spog deesdae met ‘n deurry-diens wat vanaf 07:00 tot 19:00 Maandae tot Vrydae en vanaf 07:00 tot 13:00 op Saterdae beskikbaar is. Die deurry-ingang is in Kerkstraat, maar inloop klante is steeds welkom. Alle grootmaat aankope word binne die winkel gedoen om vertraging op oponthoud te voorkom.
“Klante het nie meer nodig om in toue te staan vir ‘n kwaliteit produk wat hulle verdien nie. Daar is ‘n prysvoordeel in die sin dat die middelman uitgesny word,” het Alwyn verduidelik en bygevoeg dat klante steeds die beste waarde vir geld kry.
Van die produkte wat by die deurrydiens beskikbaar is, is vars melk in verskeie groottes soos 2 liter en 1 liter sakkies, 500ml en 250ml houers, Jogurt, kaas, room, amazi, Mageu, eiers, brood, gesuiwerde water en ‘n wye reeks vrugtesappe.
Maak gerus vandag nog ‘n draai by Nigel Dairies se deurrydiens en ervaar self die gerief van flink en vinnige diens. Vir meer inligting, skakel die melkery by 011 814 8141.



