Local newsNewsBreaking News

Brandende dieseltenker op R51 ontrig verkeer

NIGEL - Verkeer in albei rigtings op die R51 tussen Nigel en Springs is vir meer as 'n uur ontwrig nadat 'n dieseltenker aan die brand geslaan het.

Die voorval het omstreeks 12:50 op 11 Februarie plaasgevind.

Dit is nog nie duidelik hoe die brand ontstaan het nie, maar reddingswerkers van Nigel Nooddienste was dadelik op die toneel om die vlamme te blus.

Nigel Metropolisie en lede van Nigel GPF het verkeer aan beide kante van die R51 afgekeer.

Niemand is tydens die voorval beseer nie.

 

IMG_6824 (Custom)

Meer inligting volg sodra dit beskikbaar is.

IMG_6836 (Custom)

'n Gebarsde band kon moontlik die brand aan die dieseltenker veroorsaak het, maar die inligting is nog nie bevestig nie
‘n Gebarsde band kon moontlik die brand aan die dieseltenker veroorsaak het, maar die inligting is nog nie bevestig nie

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button