
Dit was kamera’s, ligte en aksie by Heidelberg se ou tronk toe die video van die temalied van die nuwe Afrikaanse rolprent ‘Modder en Bloed’ op 22 Februarie geskiet is. Bok van Blerk sing die temalied, maar speel ook die rol van Kommandant Scheepers in diĆ© verhaal oor ‘n boer wie se vrou en seun tydens die Anglo-Boereoorlog vermoor is.
Sean Else is die regisseur en het ook die temalied geskryf. Die film is in Worcester verfilm, maar die video van die temalied in Heidelberg.
Die film word op 1 April uitgereik.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




