Local newsNews
Kruis Krygers pak die pad na Polokwane met gebedsversoeke
NIGEL - ‘n Groep mense met ongewone bagasie is op 4 Maart deur motoriste op die pad tussen Heidelberg en Nigel opgemerk.
Die groep staan as die Kruis Krygers van Gauteng bekend en beplan om as Evangelie verspreiding, ‘n afstand van sowat 378km met ‘n reusekruis te stap. Hul eindbestemming is die Mighty Men terrein in Polokwane, wat hulle tussen 11 en 13 Maart moet bereik.
“Enige persoon is welkom om by ons op die staptog aan te sluit en mense word veral genooi om gebedsversoeke in die hol kruis te plaas. Dié gebedsversoeke sal dan voor gebid word gedurende die Mighty Men Conference (MMC) in Polokwan,” het een van die stappers, Gert van Rensburg verduidelik.
Vir meer besonderhede, skakel Van Rensburg by 082 974 0886.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



