Local newsNews

Nigel VLU raak omgewingsbewus en leer oor veiligheid op die pad

NIGEL - Die 710de vergadering van Nigel VLU het op 10 Maart by La Fayette in Irisstraat plaasgevind.

Toenien Botha het die vergadering met skriflesing en gebed geopen, waarna lede deur die voorsitter, Suzanne Drostsky verwelkom is.
Nadat sy die vorige maand se notule voorgelees en dit aanvaar is, het die nuwe sakelys onder bespreking gekom. Lede is aan die volgende belangrike VLU-datums herinner: die VLU Herfsskool wat aanstaande maand te Meulstroom plaasvind, die VLU Streeksfunksie op 4 Junie asook die Overvaal Kongres vanaf 7 tot 8 September.

IMG_0076 (Custom)
Van die lede het tydens die vergadering aangedui dat hulle daarin belangstel om ‘n Nigel VLU boekklub te stig. Hettie Botha het die dames ook toegespreek oor Born2Care, ‘n welsynsorganisasie van Heidelberg wat dringende ondersteuning in die vorm van skenkings van babadoeke en -melk benodig. Daar is besluit om dit die organisasie se projek van die jaar te maak.
Nadat die formele sake op die agenda afgehandel is, het Suzanne die voorsittersverslag voorgelees waarna Toenien die gasspreker, A/O Grobbies Grobler van Nigel SAPD voorgestel het.
Onder die tema van omgewingsbewustheid, het hy ‘n insiggewende praatjie gelewer oor wat mens te doen staan indien jy in ‘n motorongeluk beland, of wanneer jy op ‘n ongeluk afkom waarin mense beseer is.
Die vergadering is met bediening van koffie, tee en verversings afgesluit.

A/O Grobbies Grobler en A/O Justin Sherwood van Nigel SAPD tydens Nigel VLU se takvergadering.
A/O Grobbies Grobler en A/O Justin Sherwood van Nigel SAPD tydens Nigel VLU se takvergadering.

WIL JY LID WORD VAN NIGEL VLU?
Belangstellendes wat by Nigel VLU wil aansluit, kan Anne-Marie Axer by 082 886 2002 skakel.

Die volgende vergadering wat ook die tak se prysuitdeling insluit, vind op 14 April plaas.

Besoek ook gerus hul Facebook-blad vir meer inligting.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button