Local newsNews
Blesbokspruit se walle oorstroom, nog reën voorspel
NIGEL/HEIDELBERG - Weens goeie reënval die afgelope tyd, het die Blesbokspruit se walle oorstroom
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel egter nog swaar reën oor Gauteng vandag 16 Maart en môre 17 Maart.
Die weerdiens het ook ‘n waarskuwing van vloede in laagliggende dele uitgereik.
Motoriste en voetgangers word gewaarsku om onder geen omstandighede laagwaterbrûe soos dié in Maréstraat, Heidelberg te probeer oorsteek wanneer dit oorstroom nie, aangesien dit lewensverlies tot gevolg kan hê.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!







