
‘n Gesin van Begemanstraat, Jordaanpark se Staffordshire Terrier teef is dood nadat sy Sondagoggend deur ‘n pofadder gepik is.
Die gesin het die hond om 08:00 gekry en gesien dat sy baie geswel was. ‘n Pofadder is naby haar gevind.
Die gesin het met die hond na ‘n plaaslike veearts gejaag, maar dit was reeds te laat.
George Booker sê pofadders is ‘n algemene gesig in Heidelberg. Die slang lê gewoonlik stil op ‘n warm plek en kan nie maklik gesien word nie. As ‘n mens of dier op hom trap, pik hy.
Inwoners wat ongewensde slange wil laat verwyder, kan George by 082 465 6754 skakel. Hy sal die slang vang en op ‘n veilige plek, weg van mense, vrylaat.



