Local newsNews

Roem op kleinkassie vir plaaslike fotograaf

NIGEL - Plaaslike fotograaf Corlett du Preez is besig om vir haarself naam te maak op die kleinskerm en skuur deesdae skouers met bekendes in die televisiekringe.

LEES VOLLEDIGE ARTIKEL IN DIE VOLGENDE UITGAWE VAN HERAUT

 

Corlett het reeds in drie episodes van die werklikheidsreeks ‘Mooi van Binne’ wat op VIA TV, (Dstv kanaal 147) uitgesaai word, verskyn. Kortliks opgesom is die ‘Mooi van Binne’ kandidaat ‘n verrassende voorbladgesig via ‘n kameralens. In dié reeks volg ‘n televisie kameraspan ‘n fotograaf in haar soektog na ‘n kandidaat wat voel dat sy nie mooi genoeg is om op die voorblad van ‘n glanstydskrif te verskyn nie. Sodra die fotograaf ‘n geskikte persoon vind, volg ‘n daglange bederfsessie op dié kandidaat, waartydens sy ook ondermeer deur ‘n grimeerkunstenaar onder hande geneem word.

Die idee is om vir vroue te wys dat selfbeeld ‘n groot rol speel. Corlett  neem foto’s voor en na die oormaaksessie wat uit twee dele bestaan en deel in die vroue se opgewondenheid oor hul nuwe voorkoms.

“Elke episode het ‘n positiewe impak op al die betrokke partye – selfs op my as fotograaf. Deelnemers stap ‘n goeie skeut selfvetroue  daar uit,” het Corlett gesê.

Die foto-gogga het Corlett ongeveer vier jaar gelede gebyt toe sy vir ‘n fotografie-kursus ingeskryf het. Haar talent het dadelik uitgestaan en sy het besluit om fotografie as stokperdjie in ‘n professie te omskep. Gedurende Oktober het Marno Engelbrecht (vervaardiger van die reeks) haar genader nadat hy van haar werk op sosiale media raakgesien het. Hy het Corlett gevra of sy belangstel om voor die kameras as fotograaf vir die reeks te werk en sy het die geleentheid dadelik aangegryp. Die eerste episode het gedurende Desember op televisie verskyn.

“Aan die begin was dit intimiderend om voor die kameras te werk, maar die mense op stel het mekaar beter leer ken en verstaan.”

Hou gerus die program ‘Mooi van Binne’ dop wat om 20:00 op Dinsdae (Dstv kanaal 147) uitgesaai word.

 

 

Corlett het reeds in drie episodes van die werklikheidsreeks ‘Mooi van Binne’ verskyn. In dié reeks volg ‘n televisie kameraspan ‘n fotograaf (Corlett) in haar soektog na ‘n kandidaat wat voel dat sy nie mooi genoeg is om op die voorblad van ‘n glanstydskrif te verskyn nie en tower haar in ‘n prinses om.
Corlett het reeds in drie episodes van die werklikheidsreeks ‘Mooi van Binne’ verskyn. In dié reeks volg ‘n televisie kameraspan ‘n fotograaf (Corlett) in haar soektog na ‘n kandidaat wat voel dat sy nie mooi genoeg is om op die voorblad van ‘n glanstydskrif te verskyn nie en tower haar in ‘n prinses om.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button