Local newsNews

AfriForum se selfdoen-projekte verleen nuwe glans aan Nigel

NIGEL - Die burgerregte-organisasie AfriForum se Nigel-tak het die gedenkteken by die dorp se ingang, (die skagwiel) op 30 April 2016 geverf en die omliggende omgewing skoongemaak.

 

Dít volg nadat Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit vir die afgelope 22 jaar geen aandag aan hierdie gedenkteken gegee het nie.

“Daar lê werklik krag in ‘n gemeenskap wat hande vat en self verantwoordelikheid neem vir hul dorp se voorkoms, veiligheid en vooruitgang. Ons bedank graag al die borge vir hul samewerking,” het Wico Swanepoel, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Gauteng-Suid, gesê.

BELANGRIKE VERGADERING

Die bestuur het inwoners aan die publieke vergadering wat op 12 Mei om 18:30 by Nigel Tuiste vir Bejaardes in Scarboroughlaan plaasvind, herinner. Almal is welkom.

SLUIT AAN:

 

Vir meer besonderhede oor aansluiting by Nigel AfriForum, skakel 081 246 3983 bedags of stuur ‘n epos na wico@afriforum.co.za.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button