Bros Beans – heerlike koffie en gesondheidsgeregte onder een dak
NIGEL - ‘n Koffiewinkel wat nie net ‘n smaaklike koppie boeretroos op die spyskaart bied nie, maar ook met ‘n verskeidenheid gesondheidsgeregte spog, is die verwesenliking van ‘n jarelange droom vir Liane, James en Casper Moodie.

LEES MEER IN DIE VOLGENDE UITGAWE VAN HERAUT
Bros Beans en Health Bar 2000 het op 21 Mei sy deure amptelik vir die publiek oopgegooi en die geleentheid met ‘n pretdag by Gym 2000 afgeskop.
Anareta (Anza) Lubbe en Hennie Bezuidenhout was die wenners van die 5km pretloop en het elk R500 prysgeld ontvang. Die gelukstrekking het ook vir verskeie wenners gesorg, waaronder Angie de Waal (geskenkbewys vir ‘n gesigsbehandeling), Lourens Roux, Hennie Bezuidenhout, Anza Lubbe en Piet Smit, Vicky Barnard en Angelique Fisher (Swiss sportbrille).
Besoek Bros Beans en Health Bar 2000 vandag nog by Gym 2000. Vir navrae, skakel Liane by 082 618 7006 of James by 072 1909 799.

Die Bros Beans mobiele koffiekroeg (sleepwa) kan ook vir privaat funksies of sportbyeenkomste gehuur word. Vir navrae, skakel Casper by 079 781 7282.





















