Local newsNewsBreaking News

AfriForum maak Heidelberg se paaie veilig

Dit is deel van AfriForum se maand van selfstandigheid-veldtog.

Oktober is AfriForum se selfdoen maand met die selfstandigheid-veldtog wat pas afgeskop het.

Gemeenskappe regoor die land is besig om moue op te rol en self verantwoordelikheid vir hul woonbuurte te neem. Die veldtog is spesifiek op padveiligheid gefokus waartydens ongeveer 100 AfriForum gemeenskapstrukture paaie in hul onderskeie dorpe gaan opknap.

2

 

Stoptekens word opgerig, spoedhobbels, padtekens en sypaadjies geverf en kat ogies word aangebring.

AfriForum het pas by die vierrigting stopstraat (hoek van HF Verwoerd- en Wesselsstraat) in Heidelberg begin verf. Vandaar sal hul verder na ander besige interseksies beweeg. Kat ogies sal ook aangebring word om die kruisings snags beter sigbaar te maak.

 

3

Related Articles

Back to top button