CrimeNews

Heidelberg Mall rowers vasgetrek

Fidelity Sekuriteitswagte sit rowers agterna terwyl skote klap.

Twee gewapende rowers wat Sportscene in Heidelberg Mall vanoggend net voor 10:00 wou beroof is deur goeie samewerking deur Fidelity Sekuriteitswagte van die Mall, Heidelberg Sentraal-patrolleerders, Heidelberg SAPD en die militêre polisie van die Suid-Afrikaanse Leërgimnasium vasgekeer.

Een van Sportscene se werkers het op die roof afgekom en alarm gemaak. Die rowers het weggehardloop, maar is deur die wagte agternagesit terwyl die rowers op hulle geskiet het.

 

Die verdagtes het in Jacobsstraat oor die heining van die Suid-Afrikaanse Leërgimnasium gespring, maar hulle kon nie die sekuriteitswagte en militêre polisie ontglip nie. Twee vuurwapens wat deur die rowers in die lang gras gegooi is, is ook gevind.

Die verdagtes se voertuig is in die Mall se parkeerarea gevind.

 

 

Related Articles

Back to top button