CrimeNews

Veediewe in Heidelberg aangekeer

Polisie lê beslag op R30 000 se karkasse.

Heidelberg polisie het veediefstal ‘n nekslag toegedien toe vier verdagtes met beeskarkasse ter waarde van R30 000 in hul voertuig betrap is.

Boere ly duisende rande se skade as gevolg van veediefstal, maar dié slag het die polisie se vinnige optrede die boewe se planne in die wiele gery.

Konstabels Moleboheng Malahle en Yolandi Daschner het Sondagnag omstreeks 03:30 ‘n verdagte Isuzu bakkie op die R42 naby Jordaanpark opgemerk. Die bakkie het in HF Verwoerdstraat op die R23 in die rigting van Overkruin gedraai.

Die konstabels het die voertuig afgetrek, waarna een van die insittendes uitgespring en weggehardloop het. Vier mans tussen die ouderdom van 18 en 32 jaar is aangekeer en die polisie het op die karkasse beslag gelê.

Adjudant Offisier Jacques Bierman (koördineerder: landelike veiligheid) het ondersoek ingestel en gevind dat die beeste dieselfde nag in die Schikfontein plaasgebied gesteel is.

 

2

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button