CrimeNews

Sunfield Fortuna Huis vir gestremdes in Balfour beroof

Hulle is aangerand en vasgebind, terwyl die rowers gedreig het om hulle te skiet.

Sunfield Fortuna Tehuis vir verstandelik- en liggaamlik gestremde persone is Dinsdagaand deur gewapende rowers oorval. “Ek het gedink ons einde het aangebreek en deurentyd hardop gebid. Ek was heeltyd bang dat een van die inwoners wakker word en deur die rowers doodgeskiet sou word.”

10 Rowers het Brenda Gouws (bestuurder) se huis (wat ‘n paar meter van die tehuis geleë is) omstreeks 21:30 binnegeval en geld geëis. Daar was twee inwoners (Dwayne en Emma) saam met Brenda in die kombuis toe die rowers die agterdeur oopgeskop het.

Brenda is verskeie kere op die rug met ‘n rewolwer aangerand.

 

Brenda is na haar kantoor in die hoofgebou gedwing waar hulle weer geld geëis het. Toe hulle nie geld in die kluis kon vind nie, het hulle haar gedwing om ‘n kontanttjek van R20 000 uit te skryf.

Intussen het vier rowers by Dwayne en Emma in die huis agtergebly. Hul hande en voete is vasgebind en hulle is gedwing om op hul knieë voor die bed in die hoofslaapkamer te staan.

Volgens Konstabel Virginia Mavuso (woordvoerder: Balfour SAPD) het die rowers verskeie elektroniese items in die tehuis se bussie gelaai en daarmee weggejaag. Die bussie is later teruggevind.

Toe Brenda hoor dat die bussie weg is, kon sy daarin slaag om haar hande los te woel en het terug na haar kantoor gehardloop om hulp te soek.

 

 

Dwayne gee sy ‘Ma’ Brenda ‘n drukkie ná die traumatiese rooftog.

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button