CrimeNews

Plaasmoord beskuldigdes verskyn in hof

Balfour vier se saak word uitgestel

Die hoof beskuldigdes in die Smuts moordsaak, Amos Mthembu en Prince Mngomezulu, het vandag (10 April) in die Balfour Landdroshof verskyn.

Mthembu en Mngomezulu is op 14 Februarie aangekeer nadat hulle vermoedelik die Smuts gesin op 13  Februarie op hul plaas Modderbult koelbloedig vermoor het.

Ghanese burgers Bosea Philips en  Amed Abu Moses het ook vandag in die hof op klagte van besit van gesteelde goedere verskyn. Die mans is op dieselfde dag gearresteer nadat die gesin se skootrekenaar en ander goedere in hul besit gevind is.

Die moord op Gert (77) en Paulina Smuts (74), hul seun Louis (47) en sy vrou Belinda (43) het op ‘n skokgolf van woede onder die boeregemeenskap tot gevolg gehad.

Beide  sake is vir ondersoekdoeleindes  tot 24 April uitgestel.

 

Volg ons op:
Facebook Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button