
‘n 58-Jarige vrou van ‘n huis in Du Preezstraat is op 22 Oktober (Sondag) in haar huis deur twee gewapende rowers oorval, vasgebind en besteel.
Die slagoffer het omstreeks 11:00 ‘n geluid gehoor en ondersoek ingestel. Die rowers was toe reeds in die huis en het haar in die gang oorval.
Kaptein Thivhulawi Tshilate (woordvoerder) van Heidelberg SAPD sê dit lyk of die verdagtes te voet gevlug het.
‘n Saak van gewapende huisroof is geopen en die polisie vra enigiemand met inligting om Heidelberg SAPD by 016 341 0361/72/9800 te skakel.
- Lees die volledige berig in vandag se uitgawe van HERAUT.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



