CrimeNews

Samewerking fnuik vragmotorkaping

Drie vragmotors is buite Heidelberg teruggevind pas nadat kapers dit naby Carnival City gekaap het.

Heidelberg SAPD en die George Booker-span was aan die voorpunt van ‘n suksesvolle operasie toe drie vragmotors van SRS Trucking in Benoni by Spaarwater teruggevind is enkele minute nadat dit by Carnival City gekaap is.

Die operasie was omstreeks 16:00 steeds aan die gang met lede van die metro polisie, opsporingsmaatskappy en polisie en taakspanne van verskeie omliggende polisiestasies wat agter die kap(ers) van die byl wil kom. ‘n Uitgebreide soektog is van stapel gestuur na die kapers wat vermoedelik met ‘n voertuig of voertuie op die vlug geslaan het toe hulle die polisie gewaar het.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button