
Jaco Jordaan se borgaansoek in Secunda Landdroshof is vanmiddag van die hand gewys. Hy sal dus agter tralies bly tot sy volgende hofverskyning op 13 April.
Jordaan is op 26 Februarie deur die Valke in Germiston gearresteer op verskeie klagte van beweerde bedrog. Beleggers van veral Kriel en Secunda wat glo geld by Jordaan belê het, het die hofsaak bygewoon.

Brigadier Leonard Hlathi (Woordvoerder: Mpumalanga SAPD) het gesê dat Jordaan glo geld van onder andere pensioenarisse onder valse voorwendsels bekom het. Jordaan het hulle glo belowe dat hy hul beleggings sou verdubbel wat toe nie gebeur het nie. Die polisie glo dat meer as R100 miljoen ter sprake is.
Brigadier Hlathi het gesê dat die polisie glo dat Jordaan ook inwoners van ander dorpe in Suid-Afrika bedrieg het en het ‘n beroep gedoen op slagoffers om na vore te kom. Alle persone wat by Jordaan beleggings gedoen het kan die polisie se misdaadlyn by 08600 10111 skakel of stuur ‘n SMS na 32211.
Kyk hier na wat die polisie te sê het in ‘n videogreep wat die Ridge Times gemaak het:



