Local newsNews

Lede van Nigel VLU gryp in by Nigel Biblioteek

Die vergadering het op 18 Oktober plaasgevind en is ook deur afgevaardigdes van Ekurhuleni se biblioteke afdeling bygewoon.

Lede van Nigel VLU het ‘n dringende vergadering met DA raadslid Wollaston Labuschagne, sowel as die bibliotekaris by Nigel Biblioteek – Ignatius Lechelele belê om die algemene vuil en swak toestand van die biblioteekterrein, aan te spreek

Voorsitter van Nigel VLU, Ronel Lombaard het haar ontevredenheid oordie voorkoms van die biblioteek namens die organisasie uitgespreek en ‘n versoek gerig dat daar dringende aandag aan die tuine en buite area van die gebou geskenk word.

Om daarby aan te sluit, het Labuschagne ook die kontrakteurs wat onlangs ‘n opknappingsprojek by die biblioteek voltooi het, se swak vakmanskap uitgewys en gesê die werk voldoen nie aan die nodige vereistes nie.

Hy het gesê dit is “swak kwaliteit werk wat deur onbevoegde kontrakteurs uitgevoer is.”

Ronel het voorgestel dat lede van Nigel VLU hande met die munisipaliteit neem en sy het aangedui dat die organisasie bereid is om by die skoonmaak van die terrein betrokke te raak, as deel van hul omgewingsbewustheid projek vir 2019.

Lees ook AfriForum skep hoop in Heidelberg tydens boomplantmaand

Na afloop van die vergadering het Labuschagne die kwelpunte met die betrokke afdelingshoofde van Ekurhuleni bespreek waarop hy glo meegedeel is dat die departement onlangs ‘n kwotasie deur ‘n privaat kontrakteur vir die skoonmaak van die perseel en tuine goedgekeur het. Volgens Ekurhuleni sal die opdrag eersdaags gefinaliseer word.

Labuschagne het die hoop uitgespreek dat Nigel se nuwe kliënte diensbestuurder ook hierby betrokke sal raak.

 

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button