Local newsNews

Rienie neem leisels by Doulos Bediening oor

Rienie is die afgelope vyf jaar vir liefdadigheidswerk by die nie-winsgewende organisasie Zandunay’s Angels bekend en nooi die publiek uit om haar ook in haar nuwe roeping by die Doulos Armoede Bediening te ondersteun.

HEIDELBERG – Rienie Botha het die leisels by Frank O’Neil van die Doulos Armoede Bediening op 15 Oktober oorgeneem.

O’Neil het ná 30 jaar ononderbroke betrokkenheid by die bediening die tuig finaal neergelê. Rienie is die afgelope vyf jaar vir liefdadigheidswerk by die nie-winsgewende organisasie Zandunay’s Angels bekend en nooi die publiek uit om haar ook in haar nuwe roeping by die Doulos Armoede Bediening te ondersteun.

Huisware en meubels wat nie meer in gebruik is nie, klere, skoene en veral nie-bederfbare kos word verwelkom en kan daagliks by haar woning te 15 DF Malanstraat, Rensburg afgelaai word.

Alle donasies en skenkings namens die Doulos Armoede Bediening ontvang, word weer later onder hulpbehoewendes in arm gemeenskappe versprei.

Vir navrae, skakel Rienie na 13:00 by 073 656 6343 of vir Liza Steyn by 060 927 3072.

 

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button