Sonja Scholtz is uit die hospitaal
Dit volg nadat sy op 12 Oktober weens ‘n hartaanval in die Chris Hani Baragwanath Hospitaal opgeneem is. Die medici het ‘n angiogram gedoen en ‘n stent is ingesit. Haar dokter was so tevrede met haar vordering dat sy op 18 Oktober ontslaan is.
HEIDELBERG – Sonja Scholtz van die Protea-tak van die SA Koekversierdersgilde is uit die hospitaal ontslaan en sterk tans by die huis aan.
Dit volg nadat sy op 12 Oktober weens ‘n hartaanval in die Chris Hani Baragwanath Hospitaal opgeneem is. Die medici het ‘n angiogram gedoen en ‘n stent is ingesit. Haar dokter was so tevrede met haar vordering dat sy op 18 Oktober ontslaan is.
Sonja sê dat sy verlig is om tuis te wees waar daar stilte is. Sy het haar vertroue in die Hemelse Vader gestel en noem dat sy ‘n paar aanpassings sal moet maak, maar dat sy dankbaar is dat alles goed afgeloop het en dat sy tuis is.
Sonja het ook die boodskappe en belangstelling van die gemeenskap en vriende opreg waardeer en haar dank uitgespreek vir die gebede wat vir haar opgestuur is.
Volg ons op: