Geliefde 91-jarige Suikerbosoord inwoner oorlede
Toytjie Jonas van Suikerbos oord oorlede.
Toytjie Jonas, is op 31 Oktober in Suikerbosoord Tuiste vir Bejaardes se Silwer Akker Versorgingseenheid oorlede. Sy is op 27 Oktober 1927 te Zeerust as Marthina Johanna Hendrika Scott gebore.
Van Heerden het in 2004 by Suikerbosoord in ‘n woonstel haar intrek geneem, waar sy vir sewe jaar woonagtig was alvorens sy na Silwer Akker Versorgingseenheid verskuif is.
Haar dogter Antoinette sê haar moeder was ‘n omgee mens wat lief daarvoor was om klere te maak en te bak en het ‘n liefdevolle natuur gehad. Sy het haar God bo alles liefgehad.
Van Heerden word deur haar vier kinders Antoinette, Annatjie, Annemarie en André asook vyf kleinkinders en vyf agterkleinkinders oorleef.
Die begrafnis vind op 7 November om 10:30 by die Dienssentrum plaas.
Follow us on:



