Local newsNews

Heidelberg besigheidskamer hou wynproe aand

Heidelberg Besigheidskamer het ‘n wynproe funksie op 31 Oktober by The Secret Garden aangebied.

HEIDELBERG – Heidelberg Besigheidskamer het ‘n wynproe funksie op 31 Oktober by The Secret Garden aangebied.

Mnr Van Zyl Schultz (president) het lede ingelig dat die besigheidskamer al 25 jaar bestaan. Lede is aangemoedig om tyd te maak om soortgelyke funksies, weens die voordele om met ander besigheidseienaars te kommunikeer, by te woon.

Mnr Charl Schoeman, takbestuurder van Daisy Business Solutions Oos-Rand tak, het die gehoor ingelig hoe sy besigheid elke ander lid met drukkers en kommunikasie oplossings kan bystaan.

Mnr Nico Davel, wynambassadeur van ‘n bekende wyngroep, het die gaste voorgestel aan wyne wat saam met die ete voorgesit is. Die gesellige luim is deur Davel se humor beklemtoon. Kortliks het hy die gaste oor die wynlandgoed in die Boland se ontstaan ingelig.  In 1988 het een van die Kaap se voorste wynmakers, Beyers Truter van Kanonkop Estate ‘n vennootskap met vier vindingryke wynliefhebbers in Johannesburg met een ideaal in gedagte aangegaan: Om ‘n wyn van uitsonderlike karakter te produseer.

Nadat hulle die Kaapse Wynlande vir ‘n geskikte plek verken het, het hulle ‘n perfek geleë plaas in die Koelenhof-omgewing in die Stellenbosch Wyn van Oorsprong streek gevind. Toeval het ‘n gepaste naam verskaf. Die plaas se oorspronklike naam was Nooitgedacht, wat vir vyf geslagte aan  die Beyers-familie behoort het, voordat Jan Andries Beyers dit in 1895 verkoop het. Beyers Truter is ‘n direkte afstammeling van Jan Beyers, wat hom dus die sesde generasie maak om op hierdie landgoed wyndruiwe te verbou.

Heidelberg Besigheidskamer se volgende vergadering is op 27 November om 19:00 by The Secret Garden met Dawie Roodt as spreker.

Skakel Van Zyl Schultz by 082 560 2275 vir meer inligting.

 

President van Heidelberg Besigheidskamer Mnr Van Zyl Schultz
President van Heidelberg Besigheidskamer Mnr Van Zyl Schultz het op 31 Oktober die maandelikse verrigtinge geopen. Die aand was ‘n wynproe wat deur ‘n bekende wyngroep aangebied is.

 

Heidelberg Besigheidskamer
Heidelberg Besigheidskamer het op 31 Oktober by The Secret Garden ‘n wynproe funksie van ‘n bekende wynlandgoed aangebied. Die wynmaker het kos uit die boonste rakke saam met sy wynversameling aangebied.

 

Heidelberg Besigheidskamer
David van As, vise-voorsitter van Heidelberg GPF, saam met Nico Davel, bekende wynproe seremoniemeester. Nico het op 31 Oktober by The Secret Garden ‘n wynproe funksie vir die Heidelberg Besigheidskamer aangebied.

 

Heidelberg Besigheidskamer
Spanlede van ‘n bekende motorhandelaar in Heidelberg het die verrigtinge van Heidelberg Besigheidskamer bygwoon. Hier is Monica Snyman, Sheré Venter, Piérre Nel, Sarel Swanepoel, Oosie Oosthuizen en  Johan Viljoen.

 

Follow us on:

          

Facebook      Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button