Local newsNews

Speke sing ten bate van Heidelberg Dierebeskermingsvereniging (DBV)

Die toltrap marathon was die inisiatief van Heidelberg DBV en ‘n mooi bedrag van R5700 is ingesamel.

HEIDELBERG – Diereliefhebbers het Heidelberg Dierebeskermingsvereniging (DBV) op 1 November deur middel van ‘n toltrap (spinning) marathon ondersteun.

Die toltrap marathon was die inisiatief van Heidelberg DBV en ‘n mooi bedrag van R5700 is ingesamel.

Kontant skenkings kan direk in Heidelberg DBV se bankrekening in betaal word:

FNB
Rek nr 62121919156

Gebruik u van en die woord ‘donasie’ as verwysing. Hondekos, katkos, hondebedjies, jassies, speelgoed en kombersies kan by die DBV in Retiefstaat afgelaai word.

Skakel Heidelberg DBV by 016 341 3998 of 016 342 4114 vir navrae.

CAP – A943
Petro Coetsee, organiseerder van die DBV toltrap marathon hier saam met Susan van der Merwe van Heidelberg DBV en Donna Gertenbach (finansiële beampt). Petro het ook aan die toltrap marathon deelgeneem en sê dit was ‘n prettige wyse om die plaaslike DBV te ondersteun.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button