Local newsNews

Ek soek ‘n huisie in Heidelberg

Hierdie week het Heidelberg DBV drie prag-hondjies wat huise soek.

HEIDELBERG – Hierdie week het Heidelberg DBV drie prag-hondjies wat huise soek.

Om een aan te neem,  betaal u ‘n aannemingsfooi wat sterilisasie of kastrasie asook die eerste inspuiting insluit.

Die DBV se kantore is in Retiefstraat agter Heidelberg Mall geleë en kan by 016 342 4114 geskakel word.

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

 

Met wakker ogies en ‘n goeie temperament is hierdie driejarige kruising geskik vir enige sorgsame huishouding. Sy is in goeie kondisie en sal ‘n goeie maat uitmaak vir oud en jonk. Met lang ore wat waai in die wind is sy nie net oulik nie, maar sal goeie geselskap wees vir enige gesin.

 

Ruffles is ‘n twee en half maande oue kolliehond reun met ‘n uitstekende temperament. Hy is dierbaar en liefdevol en hou daarvan om vertroetel te word. Hierdie kosbare gesiggie soek ook ‘n woonhuis van sy eie en wag op sy nuwe gesin.

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button