Local newsNews

Heidelberg GPF neem afskeid van Tom

Tom van Zyl se bekende stem as beheerkameroperateur (HA2) van Heidelberg Gemeenskap Polisie Forum (GPF) gaan gemis word. Hy was die kalm operateur wat talle GPF-lede op misdaadtonele bygestaan het. Van Zyl sal einde November na Naboomspruit verhuis.

Van Zyl het in Januarie 2014 saam met sy seun Tommie as patrolleerder by die GPF aangesluit. Kort daarna in 2015 het hy ‘n hartaanval oorleef en is na die beheerkamer oorgeplaas.

 
Twee ernstige voorvalle wat hom sal bybly is die groot vloed van 2017 en stakings vroeër vanjaar in Ratanda. In beide gevalle was Van Zyl die beheerkameroperateur.

 

Sy advies aan lede van die GPF is dat hulle te alle tye kalm moet bly. Hy sê die GPF is die SAPD se oë en ore. “My vrou het my ten volle met die GPF werksaamhede ondersteun,” vertel van Zyl.

 
Hy is vol lof vir die uitstekende bestuur van die GPF wat onder leiding van Flip Minnaar (voorsitter) staan.  Van Zyl  is op 25 Oktober  vir buitengewone diens, met verwysing na sy puik bemanning van die beheerkamer, vereer.

 
Flip Minnaar (voorsitter van Heidelberg GPF) sê dat dit swaar is om van Van Zyl afskeid te neem en sê dat hy nie net ‘n voorbeeld was nie, maar ook ‘n staatmaker wat koel en kalm in moeilike situasies opgetree het.

 
Die Van Zyl-egpaar gaan in Naboomspruit aftree.

 

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button