Zonika Vertolk rol van Racheltjie De Beer
Die rolprent is op die topverkooproman van Brett Michael Innes gegrond wat oor die lewe van hierdie volksheldin handel, en die vervaardiger is Matthys Boshoff.
Zonika de Vries (13) is gekies om die hoofrol van Racheltjie de Beer in die produksie ‘Die verhaal van Racheltjie de Beer’ te vertolk.
“Dit is vir my ‘n groot eer om deel van so ‘n groot produksie te wees,” het sy vertel.
Die verhaal van Racheltjie de Beer’ sal in 2019 vrygestel word en Zonika se medespelers is Marius Weideman (wat die rol van George vertolk) en Sandra Prionsloo wat as Jacoba te siene sal wees.
Antoinette Louw sal Sara speel en Charlie Bouguenon sal in die rol van Kingsley wees. Herman sal deur Stian Bam en Jamie deur Johannes Jordaan gespeel word.
Die rolprent is op die topverkooproman van Brett Michael Innes gegrond wat oor die lewe van hierdie volksheldin handel, en die vervaardiger is Matthys Boshoff.
Heidelbergers is trots op jou Zonika!
Volg ons op: