Statige Adenberg se rustigheid roep jou
Met die heropening op 2 Desember word die puik reputasie van weleer met sy rustige amosfeer en ontsnapping van die dorpsgejaag herleef.
HEIDELBERG – Deon and Annelie Adendorff het John McClintock as besturende vennoot van Adenberg se restaurant, trou-, konferensie- en danslokaal verwelkom.
Op die R42 Vereenigingpad begroet die indrukwekkende sandsteen grasdak geboue jou met die gevoel van paradys.
Met die heropening op 2 Desember word die puik reputasie van weleer met sy rustige amosfeer en ontsnapping van die dorpsgejaag herleef.
Oor die jare is 100de egpare in die kapel in die eg verbind met talle onvergeetlike funksies wat in die lokaal gehou was. Adenberg bou voort op die tradisie om onvergeetlike oomblikke te skep. Die troulokaal se feetjie atmosfeer met liggies is enige bruid se droom. Die geriewe kan van 10 tot 250 mense akkommodeer.
Die restaurant sal daagliks vir ‘n tradisionele ontbyt van 08:30 tot 10:30 asook middag- en kroegetes vanaf 11:00 tot 15:00 oop wees.
Aandetes word vir aanstaande jaar beplan.
Vir die dames is daar van 10:00 tot 15:00 koffie, tee en cappuccino met ‘n smul soetigheid beskikbaar.
Met ingang 2 Desember word buffetetes met ‘n tradisionele gebakte nagereg vanaf 11:30 tot 15:00 elke Sondag bedien.
Bespreek vroegtydig by John 081 882 7004 om teleurstelling te voorkom.
Volg ons op:



