Kersfeesboodskap Van Jaco Kritzinger – Lcc
Namens LCC wens ek elkeen hiermee ‘n voorspoedige feesgety toe en mag u in die nuwe jaar van krag tot krag oorgaan.
Kersfees is ‘n inspirerende verhaal van hoop, die hoop gebaseer op ‘n Verlosser wat gekom het om die mensdom te red.
Met hierdie wete het Lesedi Community Centre (LCC) ‘n jaar beleef wat ons kon hande vat met ondersteuning vanuit die besigheidsgemeenskap.
Dit was ons doel om hoop te gee aan hulle wat nie die voorreg het om elke aand veilig in ‘n bed te kon klim met ‘n vol maag, wetende dat hy/sy môre weer ‘n werk het en dieselfde roetine sou volg nie.
Ons het gepoog om verskeie projekte aan te bied om fondse te versterk en sodoende die sprankel terug te sit in die oë van hulle wat die hoop verloor het.
Hiermee ons innige dank aan elke besigheid wat ons deur die jaar geborg het. U het ons hande gevat en LCC sterk gemaak. Elke individu wat ons ondersteun het deur deelname aan ons projekte, ons sê dankie dat ú hierdie dae suksesvol gemaak het.
Namens LCC wens ek elkeen hiermee ‘n voorspoedige feesgety toe en mag u in die nuwe jaar van krag tot krag oorgaan.
Volg ons op:



