Local newsNews

Jiu Jitsu gradering

Drie en twintig studente van Rio Grappling Club Heidelberg (wat onder Ability Academy val) het op 3 November na hul volgende gordel in Brazilian Jiu Jitsu gradeer.

HEIDELBERG – Drie en twintig studente van Rio Grappling Club Heidelberg (wat onder Ability Academy val) het op 3 November na hul volgende gordel in Brazilian Jiu Jitsu gradeer.

Van die studente is al van ‘n jaar tot meer as drie jaar by Rio Grappling Club. Daar was ook agt studente wat na die gevorderde klas gevorder het.

“Die groep studente is die beste en sterkste groep van Ability Academy. Van die studente het oorspronklik ingeskakel omdat hulle aan selfvertroue en selfbeeld ontbreek het en van hulle wat geboelie was. Vandag het hulle ontpop in sportmanne en neem deel aan toernoeie regdeur die jaar en ‘n gebrek aan selfvertroue en selfbeeld is iets van die verlede,” sê Stefan Pretorius (afrigter).

 

Follow us on:
Facebook      Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button