Local newsNews

99 Kersies op Sannie se verjaardagkoek!

Sy is in 1919 in Bethuli gebore waar sy haar skoolloopbaan voltooi en op 19 September 1943 met Abraham in die eg verbind is.

NIGEL – Sannie van Niekerk het op 13 Desember haar 99ste verjaardag aan huis van haar seun Peet gevier.

Sy is in 1919 in Bethuli gebore waar sy haar skoolloopbaan voltooi en op 19 September 1943 met Abraham in die eg verbind is. Vier seuns is uit die huwelik gebore. Sannie is die afgelope 65 jaar deel van die Nigel gemeenskap en volgens haar kinders was sy ‘n tuisteskepper wat na haar gesin omgesien het.

Sy het ‘n slag in die kombuis gehad, maar was ook lief vir naaldwerk, veral breiwerk. Na die afsterwe van haar man in 1976 het sy haar intrek by haar seun geneem. Weens haar gesondheid word sy deesdae tuis verpleeg. Sannie spog met agt kleinkinders, sewe agterkleinkinders en een agter-agterkleinkid.

 

Follow us on:
Facebook Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button