Estelle en haar pop al 70 jaar onafskeidbaar
Op Estelle Kitching se 70ste verjaardag het haar lewenslange vriendin Lynette Moore vir Marietjie ‘n ‘sussie’ gebring.
HEIDELBERG – Dis nie aldag dat ‘n pop haar 70ste verjaardag vier nie. Estelle Kitching (72) het op tweejarige ouderdom díe pop as kersgeskenk ontvang.
Die jonge Estelle het haar ‘Marietjie van der Merwe’ gedoop. Sedertdien is die twee onafskeidbaar. Marietjie het tot ‘n draai op die skoolbanke gemaak en gereeld die poppe-hospitaal besoek. Kitching kan nie onthou waar die poppe-hospitaal was nie, maar vertel dat haar moeder die pop vir herstelwerk ingeneem het.
Op Estelle Kitching se 70ste verjaardag het haar lewenslange vriendin Lynette Moore vir Marietjie ‘n ‘sussie’ gebring. Hierdie pop van Sjina het nou haar tuiste in Heidelberg gevind. Sy is ‘Kalinka Kitching’ gedoop.
| Follow us on: | ||
![]() |
![]() |
|





