Local newsNews

VLU goeiehoop gerat vir 2019

Na die voorlees en aanvaarding van die vorige notule, het Pretorius die jaar se kompetisie artikels en beoordeling bespreek.

HEIDELBERG – Lede van Goeiehoop VLU het op 14 Februarie aan huis van die voorsitter Lizette Pretorius bymekaargekom waar opkomende projekte en kompetisies vir die jaar bespreek is.

Die vergadering is deur Pretorius tot orde geroep waarna die verrigtinge met skriflesing en gebed geopen is.

Na die voorlees en aanvaarding van die vorige notule, het Pretorius die jaar se kompetisie artikels en beoordeling bespreek. Lede se samewerking vir die projek Eco-bricks wat in Greyton begin is, is gevra. Die projek behels dat 5000 plastiekbottels bymekaargemaak moet word om ‘n huis te bou. “Dit is ook ‘n effektiewe manier om die aarde skoon van plastiek te hou,” het Jackie Prinsloo aan die lede verduidelik.

Pretorius het lede herinner om met die voorbereiding van kombersblokke vir die opkomende kongres op 1 Augustus te begin.

Die volgende vergadering vind op 14 Maart om 16:00 plaas. Vir navrae, skakel Pretorius by 083 987 1828.

 

Volg ons op:
Facebook Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button