Local newsNews

Aletha dankbaar op 93ste verjaardag

‘n Groot hoogtepunt in haar lewe was toe sy as verpleegster by AG Visser Hospitaal aangestel is.

Aletha Coetzee het op 11 Februarie haar 93ste verjaardag gevier.

Sy is in Badfontein, distrik Lydenburg gebore waar sy een van drie kinders was. Haar pa was ‘n boer en haar ma ‘n vroedvrou. Sy het aan Laerskool Badfontein haar skoolloopbaan voltooi en het as verpleegster gekwalifiseer. Alet, soos sy bekend is aan haar vriende, was getroud met Christoffel en uit die huwelik was ses kinders gebore.

‘n Groot hoogtepunt in haar lewe was toe sy as verpleegster by AG Visser Hospitaal aangestel is. Coetzee het die aanstelling uitgeleef en haar medemens oor die 30 jaar by die hospitaal gedien.

Sy is ‘n inwoner van Suikerbosoord Dienssentrum vir Bejaardes. Sy geniet die rustigheid van Heidelberg en die omgewing waarin sy haar bevind.

“Ek sal altyd my tyd by die hospitaal koester en kan met dankbaarheid my verjaardag vier,” het sy gesê.

 

Volg ons op:
Facebook Twitter
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button