HERAUT se Valentyn inkleurkompetisie wenners
Kinders tussen vyf en 10 jaar oud kon in drie afdelings inskryf om vir pryse in aanmerking te kom.
Die jongspan het met groot entoesiasme deelgeneem aan HERAUT se Valentyn inkleurkompetisie en beoordelaars moes kopkrap om die wenners aan te wys.
Kinders tussen vyf en 10 jaar oud kon in drie afdelings inskryf om vir pryse in aanmerking te kom.
In die afdeling vir kinders 5-6 jaar oud, het Katie Botha (6) van Laerskool Tini Vorster met die eersteplek weggestap.

Michaela Grung (8), ook ‘n leerder van Laerskool Tini Vorster, het met haar besonderse kleurvolle werk die afdeling vir 7- tot 8-jariges wen.

Gareth Mungofu (9) – ‘n leerder van Heidelberg Public School, het die eersteplek verdien in die 9/10 jaar-groep.

Die wenners het elkeen ‘n R250 geskenkbewys met komplimente van HERAUT ontvang.
Kinders wat nie hierdie keer gewen het nie, kan uitkyk vir HERAUT se volgende inkleurkompetisie wat nader aan Paasfees sal plaasvind.
Dan staan die jongspan weer ‘n kans om pryse te wen.
| Follow us on: | ||



