Grootdraaidam se blinklywe speel saam
Lede van Balfour Hengelklub het op 4 Mei by Grootdraaidam bymekaar gekom om aan hul maandelikse hengelkompetisie deel te neem.
Lede van Balfour Hengelklub het op 4 Mei by Grootdraaidam bymekaar gekom om aan hul maandelikse hengelkompetisie deel te neem. Sowat 23 hengelaars het ‘n totale vangs van 173 vis met ‘n gesamentlike gewig van 77.142kg uitgetrek.
Hennie Brits het eersteplek in die senior mans afdeling met sy vangs van 14 vis met ‘n gesamentlike gewig van 6.086kg ingeneem. In tweedeplek is James Walker met 12 vis (7.064kg) en Frikkie Nel het derde met 10 vis van 6.194kg geëindig.
In die dames afdeling is Sonja Brits eerste met 12 vis van 3.650kg. Darell Roos is tweede met agt vis (3.445kg) en Zaskia Schutte derde met vyf vis van 0.940kg.
Jaden Nolte het die junior afdeling met 13 vis van 10.839kg gewen. Justin Walker is tweede met 10 vis (2.716kg) en Caty-Anne Walker het derde met agt vis van 2.143kg geëindig.

Jaden Nolte het die junior afdeling met 13 vis van 10.839kg gewen.
Die swaarste visse is deur die volgende hengelaars gehoek: Bennie Kriel (karp van 2.246kg), Jaco van der Merwe (moddervis van 0.829kg) en Heine Terblanche (geelvis van 1.615kg).
Balfour Hengelklub se volgende kompetisie vind op 1 Junie by Heartsease (Vaaldam) plaas. Vir navrae kan Lukas by 084 757 6058 of Jaco by 082 323 6284 geskakel word.
| Volg ons op: | ||
![]() |




