Local newsNews

Muay Thai kampioen se droom word waar

Muay Thai of Thai boks is 'n gevegkuns van Thailand wat gebruik maak van opvallende opspringaanvalle saam met verskeie greeptegnieke.

Bryan Leesmann (22) is pas gekroon as ‘n Suid-Afrikaanse Muay Thai kampioen en daarmee op pad na die Werêld Kampioenskappe wat vanaf 18 tot 30 Julie in Bangkok plaasvind. Leesmann het op 4 Mei aan die ‘Muay Thai South African Championships’ by die ‘Warrior Sports Academy’ te Hennopspark Centurion deelgeneem en sy plek in die SA-span verseker.
Muay Thai of Thai boks is ‘n gevegkuns van Thailand wat gebruik maak van opvallende opspringaanvalle saam met verskeie greeptegnieke. Hierdie sport staan bekend as die kuns van agt ledemate soos dit gekenmerk word deur die gekombineerde gebruik van vuiste, elmboë en knieë. Muay Thai het bekend geword in die laat 20ste tot 21ste eeu, toe westerse praktisyns uit Thailand begin het met skopboks, gemengde reëls, asook wedstryde onder Muay Thai-reëls regoor die wêreld.

 
“Ek was ‘n groot gedeelte van my lewe oorgewig, en het tussen 100-120kg geweeg. Ek het nooit van die gimnasium gehou nie en as gevolg daarvan kon ek nooit volhou met die roetine nie,” het Leesmann gesê. Hy het op ‘n dag na ‘n boksklub gegaan en die koeël was deur die kerk.

 

“Ek het begin gewig verloor en wou later bitter graag kompeterend deelneem. Ongelukkig was daar geen swaargewig gevegte vir my ouderdomsgroep (17) nie,” het Leesmann vertel.

 

Leesmann het kort daarna van Nigel na Centurion vir ‘n werksgeleentheid verhuis en moes sy sport vir twee jaar staak. Na twee jaar het Leesmann weer begin soek na ‘n klub en het by Thai Fitness aangesluit. “Na my eerste dag by die Muay Thai klub het ek geweet dat die sport is vir my,” het Leesmann gesê. Hy het gewig begin verloor en kon eindelik met ‘n gewig van 77kg in amateur boks (k1) en Muay Thai kompeteer.
Twee jaar later is Leesmann ‘n Gauteng kampioen (ligswaargewig) en nou ook SA-kampioen (super middelgewig) in die sport. Sy volgende groot uitdaging is die Wêreldkampioenskappe in Bangkok Thailand. Die prys om aan sy geliefde sport as ambassadeur vir Suid-Afrika deel te neem, is nie goedkoop nie. Die kostes beloop R28 000 per deelnemer, wat vlugte, registrasiekostes, akkommodasie en sy gevegtoerusting insluit.
“Indien ek die fondse en borge bymekaar kan maak, sal my droom om Suid-Afrika op professionele vlak te verteenwoordig bewaarheid word,” het Leesmann afgesluit. Hy kan by 064 683 8633 vir ondersteuning en borgskappe geskakel word.

 

Volg ons op:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button