Local newsNews

Man sterf na botsing by brug

Volgens ‘n ooggetuie het die bestuurder van die regterbaan oor die pad (na links) beweeg en tussen die versperring en die brug gebots.

‘n Man (vermoedelik in sy laat dertigs) het vanoggend  (27 Mei) omstreeks 08:30 sy lewe verloor nadat hy op die N3snelweg naby die spookbrug beheer oor sy voertuig verloor het.

 

Volgens ‘n ooggetuie het die bestuurder van die regterbaan oor die pad (na links) beweeg en tussen die versperring en die brug gebots. Sy voertuig het op impak deur die lug beweeg en verskeie kere gerol voordat dit tot stilstand gekom het.

 

 

“Die voertuig het verby my bus gekom in die regterkant se baan en ‘n entjie vorentoe het die kar oor die pad gegaan tussen die padversperrings in,” het Sibusiso Mthiyane (busdrywer) gesê.

 

 


Paramedici, verkeersbeamptes en polisie van Heidelberg was op die toneel en het die bestuurder dood verklaar.

 

Volg ons op:

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button