Local newsNews

Vlytige Voortrekkers ruim park in Heidelberg op

Sowat 30 Voortrekkers het aan die aktiwiteit deelgeneem om die omgewing ‘n skoner plek te maak.

Suikerbos Voortrekkerkommando se lede het op 14 Mei ‘n voorbeeld vir die res van Heidelberg se inwoners gestel toe hulle die park op die hoek van Maré- en Fraserstraat tydens hul kwartaalafsluiting opgeruim het.

 
Sowat 30 Voortrekkers het aan die aktiwiteit deelgeneem om die omgewing ‘n skoner plek te maak. Al die kinders het handskoene gedra en vullis is in swartsakke gegooi. “Dit is ‘n gemeenskapsdiens wat die kinders geniet het,” het Dawie de Villiers (kommando leier) gesê.

 

Mieke Cerva gooi vullis in ‘n swartsak. Handskoene en swartsakke is aan die Voortrekkers uitgedeel om vullis wat in die parkie rondlê, op te tel.

 
Die Voortrekkers kom op Dinsdagmiddae om 17:00 by die Gereformeerde Kerk in Begemanstraat bymekaar waar kinders van geskiedenis, hul herkoms en hoe om ander mense te help, geleer word. Hulle word ook geleer hoe om die omgewing ‘n beter plek te maak. Hulle glo in die leuse “Hou koers” en leer verder hoe om hulself uit die natuur te kan help.

 
Die Voortrekkers kom weer na die Julie skoolvakansie as kommando bymekaar. Volgens De Villiers is daar wel kinders wat naweek kursusse gaan bywoon om kentekens te verwerf. Suikerbos Voortrekkerkommando gaan ook kampe in die vakansie aanbied.

 

Benjamin Buys is ‘n Voortrekker van Suikerbos Voortrekkerkommando wat die omgewing help skoonmaak. Die Voortrekkers kom elke Dinsdag om 17:00 by die Gereformeerde Kerk bymekaar waar kinders van Geskiedenis, hul herkoms en hoe om ander mense te help, geleer word.

 
Indien jy jou kind (tussen die ouderdom van sewe en 18) by Suikerbos Voortrekkerkommando wil laat aansluit, kan Dawie de Villiers by 084 600 5765 geskakel word.

 

Volg ons op:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button