Local newsNews

Só word oulike sakke uit vilt omtower

Die dames het die oggend weggespring met die maak van viltsakke waarop hulle blomme (ook van vilt gemaak of gehekel) aangebring het.

Dames van Heidelberg VLU het tydens hul maandelikse vergadering op 9 Mei ‘n werkswinkel bygewoon waar Yolande Klingbiel (voorsitter) die maak van verskeie items demonstreer het.

 
Die dames het die oggend weggespring met die maak van viltsakke waarop hulle blomme (ook van vilt gemaak of gehekel) aangebring het. Yolande het demonstreer hoe maklik dié sakke (wat vir potplanthouers of enige ander houers gebruik kan word) met warm gom (‘n gomgeweer ‘glue gun’ werk die maklikste) aanmekaar gesit word.

 
Hierna het die dames hang oorbelle van denim materiaal gemaak. Die materiaal is in ‘n langwerpige blaarvorm gesny, waarna dit aan ‘n deursteek oorknip geheg word. Die materiaal word effens uitgerafel aan die kante en ‘n blink string klein krale (of enigiets van jou keuse) word in die middel van die ‘blaar’ aangewend sodat dit soos die aar van die blaar lyk.

 

Heidelberg VLU se dames wys hier die sakke en oorbelle wat hulle tydens ‘n werkswinkel gemaak het. Yolande Klingbiel het die demonstrasie behartig. (Agter): Joanie Geldenhuys, Lydia Botha, Marty Jerling en Yolande. Voor is Susan Smit, Esra Leibold en Kitty Joubert.

 
Die laaste item wat die dames gemaak het, was ‘n tipe piouterwerk op ‘n kartonboks of houer se deksel. Jy neem ‘n stuk growwe kant (dit moet dik wees sodat dit duidelik kan afdruk) en smeer dit met gom op die deksel vas. Daarna plaas jy ‘n stuk aluminium foelie (die dun soort) oor die stuk kant en vryf dit met ‘n harde voorwerp soos ‘n koekroller plat sodat die kant se patrone daarop deurslaan.

 
Daarna verf jy enige kleur akrielverf oor die foelie en jy het ‘n pragtigte afdruk waarvan die stukke blink foelie deurskyn.

 

Dames van Heidelberg VLU het hierdie pragtige sakke uit vilt gemaak. Hier wys Kitty Joubert hoe mooi dit lyk, terwyl die res van die dames hard aan die werk is. Yolande Klingbiel (tweede van regs) het die maak van die sakke demonstreer.

 
Die dames het die oggend afgesluit met warm sop en vetkoek.

 
Heidelberg VLU se volgende vergadering is om 09:30 op 13 Junie by die AGS Kairos se kerksaal. Indien jy by die dames wil aansluit, of meer oor hul bedrywighede wil uitvind, kan Wilna Moore by 082 455 5218 of Yolande by 082 421 5354.

 

Volg ons op:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button