Dijzel sterf in botsing
Hy was ‘n bekende gesig in Heidelberg waar hy vir 22 jaar as provinsiale verkeersbeampte hier werksaam was.
Die gemeenskap is geruk ná die skielike afsterwe van Ben Dijzel (68) op 21 Mei. Dijzel is uitgeroep om ‘n vragmotor wat langs die R59 (Kliprivier-pad) gaan staan het, te versien toe ‘n verbygaande vragmotor in die stilstaande voertuig vasgery het. Hy is op slag dood.
Dijzel is in Alberton gebore en het daar grootgeword, waarna hy in 1983 na Heidelberg verhuis het. Hy was ‘n bekende gesig in Heidelberg waar hy vir 22 jaar as provinsiale verkeersbeampte hier werksaam was.
Ná sy uittrede het hy B&B Towing begin, waar hy as dieselwerktuigkundige gewerk het. Familie en vriende onthou hom as ‘n hardwerkende man wie se hande vir niks verkeerd gestaan het nie. Hy het uit sy pad gegaan om sy medemens van hulp te wees en het altyd die goeie in mense raakgesien.
Dijzel laat sy vrou Anso, vier kinders, skoonkinders en nege kleinkinders agter.
‘n Roudiens word Vrydag (31 Mei) om 14:00 vanuit die NG Kerk Rensburg gehou.
| Volg ons op: | ||
![]() |




