Local newsNews

Nuwe baba- en kleutersentrum maak deure in Heidelberg oop

Buster die Brak en Tannie Terapeut het die kleinspan met ‘n vertoning gedurende die opedag vermaak.

Kleuterzone het op 1 Junie hul opedag by die nuwe babe-en kleuter sentrum te Begemanstraat 44 gehou. Die Kleuterzone in Heidelberg is die vierde Kleuterzone om te open. Die kleuterskole is deur Anthonie Bougas (vervaardiger van Kleuterzone) ‘n Christelik gebasseerde reeks wat fokus op kleuters in Suid-Afrika begin.

 
Buster die Brak en Tannie Terapeut het die kleinspan met ‘n vertoning gedurende die opedag vermaak. Buster is die hoofkarakter in ‘n wonderlike wêreld waar elke kind tel. Tannie Terapeut leer kinders dat God ons almal op verskillende maniere slim gemaak het. Die vertoning het aan die kleuters verduidelik dat elke kind ‘n spesiale talent het en dat elke kind in staat is om die beste te wees in wat hulle doen.

Bykans 200 ouers het Kleuterzone Heidelberg se opedag op 1 Junie bygewoon, waar Buster en Tannie Terapeut die kleinspan laat sing en dans het.

 
Met bykans 200 mammas, pappas en kleuters wat die dag bygewoon het was die opedag ‘n groot sukses. Die skool is gebaseer op drie pilare naamlik ervaring, kennis en vernuwing. Die skool maak gebruik van CAPS (Curriculum and Assessment Policy Statement) om die kleingoed skoolgereed te kry. CAPS maak van motoriese leermetodes gebruik waar kleuters met hul sintuie ook leer.

 
Vir kreatiewe stimulering word kunsklasse asook bak en brou op ‘n weeklikse basis aangebied. Met emosionele ondersteuning word gesonde eetgewoontes by die kleintjies gekweek deur ‘n spyskaart wat weekliks vasgestel word. Daar is ook weekliks ‘n snoepie waar soethappies gekoop kan word.

 

Kleuterzone Kleuterskool se opedag het op 1 Junie plassgevind, waar mammas en pappas van Heidelberg meer vertel is oor die skool. Die kleinspan kon heerlik baljaar op die nuutste speelrame.

 
Die babaklas is toegerus met sewe bababeddens vir kleiner babalyfies. Die terrein word beveilig met CCTV kameras wat aan Kleuterzone se hoofkantoor in Pretoria gekoppel is vir versekerde sekuriteit tydens skooltye.

 
Mona de Buys (skoolhoof) kan by 073 695 5554 vir navrae geskakel word.

 

Volg ons op:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button